
MULLER, ELISABETH (ELISE)
Skrywer: AE Botha

MULLER, ELISABETH (ELISE) (1919–1985) is as pastoriedogter op Ceres gebore. Haar grootwordjare is in die Noordweste – ’n voedingsbron vir haar vroeë literêre werk. Sy het lank as uitgewersredakteur by NG Kerk-uitgewers in Kaapstad gewerk. Haar gesondheid was dikwels nie na wense nie. Tussen 1941–1956 skryf sy vyf romans, ’n jeugverhaal en publiseer sy ’n kortverhaalbundel, Die vrou op die skuit (1956), waarvoor sy die Hertzogprys ontvang het. Die verhale het byna almal as tema die onthullende oomblik van dieper insig wat in ’n mens se lewe kan kom ná ’n besondere saamloop van omstandighede. Die verhale word gekenmerk deur ’n fyn struktuur, genuanseerde dramatiese opbou tot ’n krisissituasie waar die hoofkarakter, met ’n nuwe blik op die werklikheid, vanuit ’n stel godsdienstige waardes, met die dood, ander se nood en die self gekonfronteer word. Dit getuig van medelye met alle “ontworteldes”. Kinders, plaasmense, kleindorpsebewonders en bruinmense bevolk haar verhale. Hierdie mense word slegs deur fyn waarneming van die gewone en die alledaagse onderskei en dan word hulle herken as draers van die insig dat elke menselot ’n unieke patroon aanneem. Die wilde loot (1954) is ’n studie van menslike verhoudings waarin die verlore seun-motief in romanvorm uitgewerk word.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026