Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

PALEONTOLOGIE
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
PALEONTOLOGIE dank sy ontstaan aan die kombinering van geologie (suksessiewe aardlae) en biologie (fossiele). Reeds in 1815 het William Smith in ’n geologiese kaart van Engeland plant-suksessie in ’n definitie­we volgorde in rotslae aangetoon. Later sou Darwin* en die neo-Darwinisme ’n prominente betekenis toeken aan wat bekend staan as die “paleontologiese rekord” (be­doel is die rekonstruksie van geinterpre­teer­de samehange wat berus op fossiel­vond­ste). Die geologiese tydrekening - op grond van die half-waarde tye van radioaktiewe stowwe - het enersyds tydperke van ’n veel langer duur aangedui, maar is tegelyk an­der­syds gekonfronteer met die gebrek aan talle tussenvorms in die fossielvondste. Pro­minente paleontoloë het meer as honderd jaar ná Darwin se 1859-geskrif daarop ge­wys dat “evolusie tussenvorms benodig, maar dat die paleontologie dit nie bied nie” - gevolglik is talle paleontoloë nie meer bereid om hierdie gapings bloot geo­logies “weg te verklaar” nie. Begryplik is daar­om die poging van Stephen Gould om met relatiewe ruspunte (“punctuated equilibria”) die steeds-aanwesige gapings tegemoet te tree. DB Kitts merk in die pro-evolusie-tydskrif Evolution op dat bioloë evolusie* aanvaar op grond van ’n teorie wat reeds evolusionisties is en voeg dan daar­aan toe dat ’n mens die paleontologiese re­kord vry kan laat van ’n evolusie­teorie.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top