
POSTMA, DIRK
Skrywer: JM Vorster

POSTMA, DIRK (1818–1890) was die stigter van die Gereformeerde Kerke* in Suid-Afrika. Hy is op 10 Januarie 1818 in Dokkum in Nederland gebore. Hy was deel van ’n gesin wat saamgegaan het met die afskeiding van die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland in 1834 en het dus opgegroei in ’n gereformeerde* geestesklimaat wat teruggegryp het na die teologie* en kerkregering* van die Reformasie* (Kerkhervorming) soos uitgedruk in die Sinode van Dordrecht 1618–1619. Hy was predikant* in Nederland vanaf 1840–1859 voordat hy na Suid-Afrika beroep is om die sg Doppers* van die Noordoos-Kaap te bedien. Ná die stigting van die Gereformeerde Kerke op 11 Februarie 1859 het hy as predikant die gemeentes* te Rustenburg (1859–1866) en Burgersdorp (1866–1879) bedien. In 1879 het hy professor geword aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke wat in 1868 in Burgersdorp geopen is en het daar gedoseer tot met sy dood. Prof Postma het ’n groot invloed uitgeoefen in die vormingsjare van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en die uitdra van ’n Bybel*-gefundeerde teologie in die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek.
Vir verdere lees: GCP van der Vyver 1958. Professor Dirk Postma 1818–1890. Potchefstroom: Pro Rege.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026