
RIDDERBOS, HERMAN NICHOLAAS
Skrywer: HJB Combrink

RIDDERBOS, HERMAN NICHOLAAS (1909–2007), se pa was professor in Ou Testament* aan die Theologische School te Kampen en sy broer (Nic) in Ou Testament aan die Vrije Universiteit* (VU) te Amsterdam. Herman studeer verder in Nuwe Testament* onder Grosheide* aan die VU en promoveer op ’n proefskrif oor die Bergrede* (1936). Hy was Gereformeerde Kerken-predikant in twee gemeentes (1934–1942), en van 1943–1975 hoogleraar in die Nuwe Testament (en sy pa se kollega) in Kampen. Ná sy emeritaat (1975) was hy nog drie jaar buitengewone hoogleraar.
Hy het groot invloed in Nederland, Suid-Afrika, die VSA en wyer deur publikasies oor De komst van het koninkrijk (1950), die gesag van die Nuwe Testament (1955), Paulus (1966), verskeie kommentare en artikels in ensiklopedieë en tydskrifte, asook die vertaling in agt tale van verskeie publikasies. Hy is veral bekend vir sy heilshistories-eskatologiese benadering. Van die elf buitelandse studente wat onder Ridderbos gepromoveer het, was sewe Suid-Afrikaners.
Hy was betrokke by Gereformeerd Weekblad van die eerste tot die laaste uitgawe (1945–1982). Hy het sy pa in 1957 as eindredakteur opgevolg en het saam met GC Berkouwer* weekliks kommentaar en leiding gegee.
Hy tree op as gasdosent in verskillende lande soos Indonesië en Amerika, besoek Suid-Afrika in 1958 en weer in 1967 op versoek van oudstudente. Hoewel steeds ’n groot vriend, het hy in die 1960’s steeds meer krities betrokke geraak by die kerklike lewe in Suid-Afrika en toenemend solidariteit getoon met diegene wat vanweë apartheid* veronreg is. Hy het huldigingsbundels ontvang en ook ’n eredoktorsgraad in teologie* van die Universiteit van Stellenbosch.
Vir verdere lees: E Overeem 1998. Prof Herman Ridderbos en het Gereformeerd Weekblad, 1945–1982. Kampen: Kok.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
No data was found
Vakatures


NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026

NG Gemeente Velddrif: Voltydse leraar
19 Oktober 2026
Vakatures

NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026

NG Gemeente Velddrif: Voltydse leraar
19 Oktober 2026