Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Velddrif: Voltydse leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature vir ’n voltydse leraar

Velddrif is ’n groeiende plattelandse vissersdorp langs die monding van die Bergrivier, sowat 130 km noord van Kaapstad. Velddrif is ’n gesogte aftreedorp en bestaan hoofsaaklik uit afgetredenes, boere, besigheids- en sakelui en mense direk of indirek verbonde aan die visbedryf. Die welbekende Bokkomlaan is een van vele gewilde toerisme-attraksies in die omgewing. Ons buurdorp Vredenburg (25 km ver) beskik oor ’n goeie privaathospitaal met oa ’n moderne onkologie-afdeling. Hier is ook verskeie permanente spesialiste.

Die gemeente bestaan uit 720 belydende en 168 dooplidmate saamgestel uit ’n verskeidenheid mense van alle ouderdomme.

Ons is ’n inklusiewe en gasvrye geloofsgemeenskap wat daarna streef om almal welkom te laat voel. Die jeugbediening is aktief met kategese, JKJA, en BKJA. Die gemeente neem haar missionale taak ernstig op en is by verskeie uitreike plaaslik en in die omgewing betrokke. Verskeie Bybelstudiegroepe kom weekliks bymekaar.

Ons vertrou die Heilige Gees vir ’n leraar wat sterk geroepe voel om aansoek te doen en wat saam met die leiers en die gemeente die toekoms binnegaan.

Leraarsprofiel: Enige gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.

Vergoeding: Volgens sinodale riglyne van die Algemene Sinode van die NG Kerk in SA. ’n Ruim pastorie is beskikbaar.

Aansoek: Deel u hart en vaardighede met ons in ’n CV van nie meer as vier (4) bladsye nie en verskaf die kontakbesonderhede van drie (3) referente om dit te ondersteun.

E-pos adres: skriba@ngkerkvelddrif.co.za

Sluitingsdatum: Vrydag 6 November 2026 om 12:00.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Navrae:

Gerber Basson (voorsitter van die kerkraad) 083 978 3120.

Johann Kotzé (voorsitter DVK) 072 637 2942.

Ds Richard Holloway (konsulent) 082 773 0397.

Die kerkraad behou die reg voor om geen van die aansoekers aan te stel nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top