
DIE STEM (VAN SUID-AFRIKA)
Skrywer: DJ van Lill

DIE STEM (VAN SUID-AFRIKA) was tot 1994 saam met The Call of South Africa die amptelike Volkslied (of Nasionale Lied) van die Republiek van Suid-Afrika en vóór 1961 dié van die Unie van Suid-Afrika.
CJ Langenhoven* het die woorde van die eerste drie strofes van Die Stem op 31 Mei 1918 in sy huis, Arbeidsgenot, op Oudtshoorn geskryf. Dit word in Julie 1918 in De Burger gepubliseer onder die skuilnaam KRN, en ná ’n versoek van ’n leser, skryf Langenhoven ’n vierde strofe met ’n godsdienstige inslag daarby. Ds ML de Villiers, ’n predikant van die NG Kerk*, komponeer die musiek in 1919 in sy pastorie in Simonstad.
Die Stem van Suid-Afrika word op 31 Mei 1928 die eerste keer in die openbaar gesing toe die destydse landsvlag die eerste keer amptelik gehys is, maar dit word eers byna 29 jaar later, op 2 Mei 1957, as Suid-Afrika se amptelike Volkslied aanvaar. Die Engelse weergawe, The Call of South Africa, is in 1957 vir amptelike gebruik goedgekeur. Met republiekwording in 1961 is die twee weergawes as amptelike Volkslied van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar. Frases van albei is in die amptelike Nasionale Lied van die demokratiese Suid-Afrika, Nkosi sikilel’ iAfrika* (“God seën Afrika”), opgeneem.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures


NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026

NG Gemeente Velddrif: Voltydse leraar
19 Oktober 2026
Vakatures

NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026

NG Gemeente Velddrif: Voltydse leraar
19 Oktober 2026