Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

AÄRON
Skrywer: EE Meyer
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
AÄRON was die seun van Amram* en Jogebed* (Eks 6:19) en die broer van Moses* en Mirjam*. Hy maak vir die eerste keer sy verskyning in Eks 4:14 as “Aäron die Leviet*” en hy word aangesê om vir Moses te help aangesien hy “sy woord goed kan doen”. Hy speel by geleentheid die rol van towenaar* (Eks 7:9-13), maar sy vernaamste rol is om vir Moses by te staan. So hou hy bv saam met Hur* Moses se hande hoog in die oorlog teen die Amalekiete* (Eks 17:8-16) en klim hy saam met Moses Sinai*2 uit (Eks 19:24). Wanneer Moses later saam met Josua* weer die berg uitklim (Eks 24:13), breek die laagtepunt van Aäron se “loopbaan” aan met die goue kalf*-episode in Eks 32. Nog ’n laagtepunt was beslis die dood van sy twee seuns, Nadab* en Abihu*, omdat hulle “ongeoorloofde vuur” vir die Here aangebied het (Lev 10). In die priesterlike wetgewing van die Pentateug* dien Aäron altyd as die hoëpriester* en sy seuns as priesters*1 (Eks 28 en Lev 8) in die tabernakel*. Hy en sy seuns ontvang spesiale klere met bv twaalf stene in die borsplaat* (Eks 28:21) en met sakke vir die urim en tummim* (Eks 28:30). Die hoogtepunt van Aäron se priesterlike pligte was wanneer hy een maal per jaar die Allerheiligste* kon ingaan op die Groot Versoendag* (Lev 16). Soos Moses, kon Aäron nie die beloofde land binnegaan nie. Hy het gesterf en is begrawe op Hor*-berg en sy seun Eleasar*2 het sy pligte oorgeneem (Num 20:22-29).  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Scroll to Top