
ABSALOM
Skrywer: A Daniels

ABSALOM beteken “pa van vrede”. Hy was die derde seun van Dawid* by Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur (2 Sam 3:3). Hy is in Hebron* gebore en het op ’n vroeë ouderdom na Jerusalem* gekom, waar hy die grootste deel van sy lewe deurgebring het. Hy het in ballingskap gegaan in Gesur, nadat hy vir Amnon* vermoor het wat Tamar2* verkrag het (2 Sam 13:23-39). Ná ’n komplot verklaar hy homself tot koning en Dawid moes uit Jerusalem vlug. Absalom is uiteindelik deur Joab* en sy wapendraers gedood na nóg ’n opstand teen Dawid (2 Sam 18:1-17). Die nuus van Absalom se dood het Dawid hewig ontstel, sodat hy herhaaldelik uitgeroep het: “My seun, Absalom, my seun, my seun” (2 Sam 18:33).
A Daniels
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures
Vakatures

FEBA Radio SA: Deeltydse verteenwoordigers
16 Julie 2026

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 Julie 2026


NG Kerk Swakopmund: Jeugwerker
14 Julie 2026