Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

HUET, DAMMES PIERRE MARIE
Skrywer: DA Scholtz
HUET-DAMMES-PIERRE-MARIE.jpg
HUET, DAMMES PIERRE MARIE (1827–1895), ’n Nederlandse afstammeling van die Hugenote*, studeer sedert 1847 te Utrecht. Hy verhuis in 1856 Kaap toe om redakteur van ’n tydskrif te word, maar ds Frans Lion Cachet* werf hom in 1858 as predikant* vir Ladysmith, Natal. In 1860 word hy predikant van Pietermaritzburg waar hy arbei tot met sy vertrek na Nederland in 1867 waar hy as predi­kant van die Nederlandse Hervormde Kerk werk. Tydens sy verblyf in Natal beywer hy hom vir die instelling van Geloftedag* (16 Desember) (destyds bekend as Wendag of Dingaansdag) as kerklike feesdag, en vir die sending*. Huet was ’n ywerige skrywer. Sy geskrifte, waarin hy die behandeling van swartmense deur die blankes van Transvaal en die Vrystaat gekritiseer het, het baie verontwaardiging ontlok. Hy oefen sterk kritiek uit op die sinodebesluit van 1857 om aparte gemeentes vir wit en swart, vanweë “de zwakheid van sommigen”, te stig. Uit sy pen het ’n Kinderbybel en verskeie digbundels (veral oor godsdienstige onderwerpe) verskyn.

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top