
PALEONTOLOGIE

PALEONTOLOGIE dank sy ontstaan aan die kombinering van geologie (suksessiewe aardlae) en biologie (fossiele). Reeds in 1815 het William Smith in ’n geologiese kaart van Engeland plant-suksessie in ’n definitiewe volgorde in rotslae aangetoon. Later sou Darwin* en die neo-Darwinisme ’n prominente betekenis toeken aan wat bekend staan as die “paleontologiese rekord” (bedoel is die rekonstruksie van geinterpreteerde samehange wat berus op fossielvondste).
Die geologiese tydrekening - op grond van die half-waarde tye van radioaktiewe stowwe - het enersyds tydperke van ’n veel langer duur aangedui, maar is tegelyk andersyds gekonfronteer met die gebrek aan talle tussenvorms in die fossielvondste. Prominente paleontoloë het meer as honderd jaar ná Darwin se 1859-geskrif daarop gewys dat “evolusie tussenvorms benodig, maar dat die paleontologie dit nie bied nie” - gevolglik is talle paleontoloë nie meer bereid om hierdie gapings bloot geologies “weg te verklaar” nie. Begryplik is daarom die poging van Stephen Gould om met relatiewe ruspunte (“punctuated equilibria”) die steeds-aanwesige gapings tegemoet te tree. DB Kitts merk in die pro-evolusie-tydskrif Evolution op dat bioloë evolusie* aanvaar op grond van ’n teorie wat reeds evolusionisties is en voeg dan daaraan toe dat ’n mens die paleontologiese rekord vry kan laat van ’n evolusieteorie.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
No data was found
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026