
FORMULIERE VAN EENHEID
Skrywer: SA Strauss

FORMULIERE VAN EENHEID. Die groot Sinode van Dordrecht (1618–1619) van die Gereformeerde Kerken in Nederland het amptelik drie belydenisskrifte vir die kerk goedgekeur: die Nederlandse Geloofsbelydenis*, die Heidelbergse Kategismus* en die Dordtse Leerreëls*. Gereformeerde* kerke van Nederlandse oorsprong dwarsoor die wêreld aanvaar vandag nog hierdie drie Formuliere van Eenheid as uitdrukking van wat hulle glo.
Gereformeerdes aanvaar die drie Formuliere van Eenheid omdat (Latyn: quia) dit met die Woord van God ooreenstem. (Sommige gebruik hier die woorde in soverre as (quatenus), maar dit kan tot leervryheid aanleiding gee.) Daarmee word gesê dat belydenisskrifte, soos die Bybel*, gesag in die kerk* het. Belydenisskrifte staan egter nie bo of naas die Skrif nie, maar “diep daaronder” (Herman Bavinck*). Die Heilige Skrif* alleen is “normerende norm”: alles moet aan hierdie maatstaf getoets word. Die belydenisskrifte is slegs “genormeerde norm”: hulle moet altyd weer in die lig van die Skrif getoets word en kan, langs behoorlike kerklike weg, verander word. (Die quia-standpunt maak sodanige verandering egter baie moeilik, indien nie onmoontlik nie.)
Vir gereformeerde* kerke is belydenisskrifte, soos die drie Formuliere van Eenheid, noodsaaklik. As uitdrukking van gemeenskaplike geloof, bied dit die grondslag vir kerklike eenheid. Dit is ’n maatstaf vir regsinnigheid, en ’n kriterium om tussen ware en vals geloof* te onderskei. Belydenisskrifte word ook in die kategese* gebruik om die jonges te onderrig. Kerklike belydenisse dien ten slotte ook as ’n doksologie* – ’n lofsang tot verheerliking van God.
Die inhoud van die Formuliere van Eenheid verwoord basies die reformatoriese (Kyk by: Hervorming) waarhede van sola Scriptura (net die Skrif as norm en bron van geloof), sola gratia en sola fide (ons redding slegs uit genade en deur geloof), solus Christus (Christus die enigste Verlosser en Here) en soli Deo gloria (aan God alleen die eer, op elke lewensterrein).
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures


NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026

NG Gemeente Velddrif: Voltydse leraar
19 Oktober 2026
Vakatures

NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026

NG Gemeente Velddrif: Voltydse leraar
19 Oktober 2026