
KLETSKERK
Skrywer: JL OOSTHUIZEN, FM GAUM

KLETSKERK is ’n aanlyn-geselsruimte op die internet wat geskep is om vrymoedige gesprek en dialoog/debat oor geloofsake aan te moedig. Dit is ’n plek waar verskillende standpunte openlik gestel kan word, en is nie beperk tot lidmate van ’n spesifieke kerk nie. Kletskerk het onstaan nadat ’n kerksakejoernalis, Jean Oosthuizen, deur die debatte op litnet.co.za geïnspireer is om so ’n geselsruimte te begin en te bedryf, aanvanklik vanaf Kerkbode*, die amptelike koerant van die NG Kerk*, se webblad. Mense van verskillende kerke, geloofsoortuigings en ook agnostici en ateïste het aan die forum deelgeneem. Ter wille van ’n werklike oop gesprek is die minimum moderering toegepas.
’n “Kuberkerkstryd” het vroeg in 2007 ontvlam toe alle skakels tussen die NG Kerk se amptelike webwerwe en die forum verbreek is weens klagte oor beweerde godslasterlike kwinkslae en inhoud op die blad, en ’n dreigende hofinterdik. Sedert 2008 word dit onafhanklik bedryf.
Die forum kan besoek word by www.kletskerk.co.za
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
No data was found
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026
Vakatures


NG Gemeente Philippolis: Leraar Vastetermynpos (twee jaar)
22 Oktober 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar
22 Oktober 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar
21 Oktober 2026