Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

VAN WYK, JAN HARM (AMIE)
Skrywer: PW Bingle, FM Gaum
Amiie-van-Wyk-amie059.jpg
VAN WYK, JAN HARM (AMIE) (1937–) is op Venterstad gebore. Hy het in 1971 ‘n doktorale eksamen aan die destydse PU vir CHO (Potchefstroom) afgelê met ‘n skripsie oor “Etiek in ‘n eeu van tegnologie en tegnokrasie” en daarna in 1974 aan dieselfde universiteit ‘n doktorsgraad verwerf met ‘n proefskrif oor “Die Etiek van Vrede”. Hy was predikant* van die Gerefor­meerde Kerke Salisbury (Harare, 1962–1965), Johannesburg-Sentraal (1965–1973) en Stellenbosch/Strand (1973–1981). Daarna word hy professor in dogmatiek en etiek aan die Hammanskraalse Teologiese Skool (1981–1994) en die Teologiese Skool Potchefstroom (1995–2002). Van 1989 tot 1994 was hy rektor van die Hammans­kraalse Teologiese Skool en van 1995 tot 2002 viserektor van die Teologiese Skool Potchefstroom. Hy is skrywer van ’n artikel oor Augustinus* in die standaardwerk Augustiniana Neerlandica (Leuven, 2005), en was redakteur van In die Skriflig, Woord en Daad en Die Kerkblad* van die Geref Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Totiusprys* vir teologie* is in 2004 aan hom toegeken. Hy word met reg beskou as een van die leidende teoloë in die GKSA én in die breër gereformeerde gemeenskap in Suid-Afrika in die 20ste en vroeë 21ste eeu. Van Wyk het met persoonlike briewe tussen die jare 1989 en 1994 by sy studentevriend, FW de Klerk*, die destydse staatspresident, daarop aangedring dat Suid-Afrika moet wegbeweeg van ’n politiek van onreg na ’n politiek van reg en geregtigheid. In 1997 is “’n Openbare Belydenis (uit Potchefstroom)” deur hom geïniseer wat onder meer lui: “Ons bely hiermee voor God en ons naaste dat ons (…) in gebreke gebly het om genoegsaam en ondubbelsinnig in woord en daad te ge­tuig teen die gestaltegewing en uitvoering van die ideologie van apartheid* wat soveel van ons medegelowiges en medeburgers se lewens benadeel en belemmer, ja, selfs geruïneer het (…) Ons erken in ootmoed ons skuld aan die skending van fundamentele menseregte en ons aandeel aan die koers­loosheid wat daar in krisistye was.” (Mede-ondertekenaars: A du Plessis, B van der Walt en P Venter. Beeld, 7 Oktober 1997.) In Teologie van die koninkryk (2015) gee Van Wyk as ouer en ryper teoloog ’n indringende weergawe van sy teologiese denke oor die jare. In 2018 publiseer Van Wyk ‘n boek getiteld Augustinus. ‘n Studie oor die Etiek van ‘n Kerkvader uit Afrika. Vir hierdie boek ontvang hy in 2019 die Andrew Murrayprys*. Vir verdere lees: JH van Wyk 1998 Etiek in eenvoud: Gesprekke oor morele vraagstukke. Potchefstroom: Potchef­stroom­se Teologiese Publikasies. JH van Wyk 2015. Teologie van die koninkryk. Studies in dogmatiek en etiek. Potchefstroom/Pretoria: Vanwyk.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.