
BET-EL
Skrywer: PP Kruger

BET-EL beteken “huis/tempel (bêt) van God (el)”. In die Ou Testament* verwys dit na ’n pleknaam (geografiese aanduiding) en moontlik ook na die naam van ’n godheid (Jer 48:13). Dit is ook bekend dat daar in die Aramese* nedersetting van Elefantine in Egipte* (5–4de eeu vC) ’n god met die naam “Bet-El” aanbid is.
Bet-El is egter meer bekend as pleknaam. Die bekendste was in die heuwellande noord van Jerusalem*. Daar was onder andere ’n belangrike heiligdom. Die strategiese belang van Bet-El was daarin geleë dat dit ’n belangrike grensdorp was: dit lê tussen die heuwels van Efraim* in die noorde en die plato van Juda* in die suide. Daarna word verwys in die tyd van Abraham* (Gen 12:8) en Jakob* (Gen 28). Ook Samuel* het hierdie dorp dikwels besoek toe hy Israel* gerig het (1 Sam 7:16). Toe die Verenigde Koninkryk van Dawid* in die tyd van Jerobeam*1 I in twee verdeel is, het Jerobeam I hier ’n goue kalf opgerig om te dien as teenvoeter vir die tempel in Jerusalem (1 Kon 12:29-33). In die tyd van Hosea* (10:15) en Amos* (3:14) het daar allerlei afgodiese praktyke in Bet-El plaasgevind.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures


Swartland NG Moedergemeente (Malmesbury): Musiekleier
2 November 2026

NG Kremetart: Voltydse leraarspos
2 November 2026

NG Schweizer-Reneke-Noord: Voltydse leraar
2 November 2026
Vakatures

NG Kerk Bergsig (Rustenburg): Leraar/Jeugwerker
2 November 2026

Swartland NG Moedergemeente (Malmesbury): Musiekleier
2 November 2026

NG Kremetart: Voltydse leraarspos
2 November 2026

NG Schweizer-Reneke-Noord: Voltydse leraar
2 November 2026