
DIENSLERAARS
Skrywer: CJ Jackson

DIENSLERAARS is ’n kategorie van predikante wat in 2019 deur die NG Kerk ingevoer is. Diensleraars is persone wat om welke redes ook al nie die volle predikantesopleiding deurloop het nie. Hulle moet wel teologiese opleiding ook hê, maar kan ook ander kwalifikasies hê wat nie deel is van die gewone predikantesopleiding nie. Diensleraars word georden en beroep vir ’n spesifieke aspek van die bediening (soos jeugwerk of pastoraat) in ooreenstemming met hulle kwalifikasies.
Die instelling van kategorie diensleraars maak toegang tot die kerklike bediening moontlik vir geroepe lidmate wat dit andersins nie sou hê nie. Dit maak dit ook moontlik vir gemeentes om iemand vir ’n spesifieke aspek van die bediening te beroep sonder dat hulle die koste van ’n volle predikantspos hoef aan te gaan. Daarby kan dit die gemeentebediening verryk met vaardighede wat gewone predkante nie het nie.
Diensleraars is een element van ’n groter raamwerk waarmee die bediening in die NG kerk uitgebou word. Ander elemente van dié raamwerk is bedienaars (ouderlinge of diakens wat ’n diploma verwerf het en spesifieke dienswerk in ’n gemeente doen), stand-plaasleraars (leraars wat vir een baie spesifieke bediening, byvoorbeeld aan Dowes, opgelei en beroep word), en voltyds leraars.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures



NG Moedergemeente Mosselbaai: Voltydse permanente medeleraarspos
17 Augustus 2026

NG Gemeente Ellisras-Wes: Voltydse leraar
13 Augustus 2026
Vakatures

NG Kerk Middelburg-Karoo: Leraarspos (Vastetermynkontrak)
21 Augustus 2026


NG Moedergemeente Mosselbaai: Voltydse permanente medeleraarspos
17 Augustus 2026

NG Gemeente Ellisras-Wes: Voltydse leraar
13 Augustus 2026