Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

ERLANK, WILLEM JAKOBUS DU PLOOY (EITEMAL)
Skrywer: FM Gaum
eitemalsc.jpg
ERLANK, WILLEM JAKOBUS DU PLOOY (EITEMAL) (1901–1985) se belang­rikste werk – inderdaad ’n klein meesterstuk – is Jaffie (1953). Dit is ’n “eselsromannetjie” waarin die verhaal van Christus* se geboorte, lewe en sterwe deur dierekarakters vertel word saam met ’n relaas oor hulle eie familie en voorgeslagte se doen en late wat terugloop tot by die Betlehem-stal. Die verhaal sluit aan by Middeleeuse voorstellings waarin die esel in die uitbeelding van Christus se verhaal ’n belang­rike rol speel. In Erlank se roman is dit die ou esel, “oom” Vaaltyn, wat die eselsgeskiedenis vervleg met die Christus-verhaal aan jong Jaffie vertel. Vaaltyn raak in die loop van sy vertelling, wat oor ’n tydperk strek, afgetakel tot sy dood, en Jaffie groei tot volwassenheid. Die eselshoek van waaruit die heilsgeskiedenis vertel word, gee daaraan ’n besondere dimensie, en Eitemal slaag daarin om sy verhaal eg en esteties-bevredigend te laat oorkom. Die onbegryplike en onsêbare van die Jesus*-verhaal word gekontrasteer met die eenvoud, die aardse en die onwaarskynlike van die ou, sterwende, pratende plaasesel en die jong Jaffie in die fleur van sy lewe. Oerwaarhede kry nuwe betekenis komen­de van oom Vaaltyn. Ander werk van Erlank, wat as professor saam met onder meer DJ Opperman* letterkunde op Stellenbosch doseer het, sluit in Skaduwees teen die muur (1958).  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top