Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

KAPELAAN / KAPELAANSDIENS
Skrywer: CL Vosloo
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
KAPELAAN / KAPELAANSDIENS. Oor­log het altyd ongevalle – fisieke verwoes­ting, maar veral ook geestelike skade word aangerig. Daarom het daar verskillende hulpdienste met die oog op oorlogsomstandighede tot stand gekom, soos die me­diese korps en die kapelaansdienste. As hulpdiens is die kapelaansdiens nie oorlog­voe­rend of militêr ingestel nie. Die amptelike motivering daarvan is om in die situasie van oorlog en ongevalle wat daarmee saamgaan, die betrokkenes geestelik te begelei. Die gevaar bestaan wel dat ’n kape­laan aan die front ideologies* gekoöpteer kan word en in sy bediening militêr kant kies – soos die geskiedenis ons leer al wel gebeur het. Oorspronklik was kapelane geestelikes of predikante* wat as offisiere in die weermag aangestel is om as predikers of pastors (“sieketroosters”) in die veld op te tree. Die term “veldprediker” is meestal gebruik (so ook “skeeps- en vlootprediker”). Maar algaande het “kapelaan” die amptelike term geword. Tydens oorloë en in vredestyd tree kapelane op as geestelike hulpdiens by die beskermingsdienste soos die weermag (leër, lugmag, vloot), gevangenis- en polisiediens, en ook by brandweer- en ambulansdienste. Die woord kapelaan het oorspronklik verwys na die Katolieke* pries­ter*2 wat die klok in die kerktoring (kapel) gelui het. Dit het gedui op die funk­sie van die persoon wat die priester met die pastorie se instandhouding bygestaan het. Die kapelaanskleur in die weermag is pur­per en die kapelaanslogo is ’n Konstantynse kruis met die slagspreuk: In hoc signo: “in hierdie teken” (van die kruis). Die woord “kapelaan” word in die gesels­taal van sommige groepe ook ge­bruik om die leier van ’n bende in die ge­meenskap of binne-in die gevangenis aan te dui.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top