Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
(NG Kerk Middelburg KP en NG Kerk Middelburg-Uitsig saamgesmelt)
Ankerteks: Jer 32:17: Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.
Vakature: Leraarspos
Gemeenteprofiel: Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 372 belydende lidmate en 49 dooplidmate ingedeel in sewe dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
Sien https://ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel2026.docx vir ’n meer volledige profiel.
Leraarsprofiel: Die NG Gemeente Middelburg-Karoo nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit, om indien hulle oortuig is dat die Here hulle daartoe uitnooi, aansoek te doen vir bostaande pos.
Ons sal graag ’n predikant wil hê,
- Wat oortuig is dat die Here self hom/haar geroep het vir hierdie taak.
- Wat baie lief is vir Jesus Christus en wat daarna verlang om Hom met vreugde te dien.
- Wat lief is vir mense van alle ouderdomsgroepe, binne en buite die kerk en graag positiewe verhoudinge bou.
Ons verlang na ’n predikant wat saam met ons sal luister, saam sal onderskei, saam met ons sal dien en saam met ons op die Here sal vertrou.
Pligte: Basiese leraarspligte soos omskryf in Kerkorde Artikel 9 en ooreengekom met die gemeenteraad.
Vergoeding en voordele: ’n Mededingende vergoedingstruktuur volgens sinodale riglyne onderhandelbaar nie hoër as skaal 5 nie. Ruim pastorie met dienste, kommunikasietoelaag en voertuig vir gemeentewerk word voorsien.
Aansoeke: Rig aan die gemeenteraad by admin@ngkaroo.co.za . Die CV (nie langer as vier bladsye nie) moet vergesel wees van die voltooide vraelys by:
https://ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkvraelys2026.docx
Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt indien die gemeenteraad dit so vereis.
Sluitingsdatum: Vrydag 18 September 2026.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2027.
