Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Voltydse leraar of diensleraar of jeugwerker met fokus op aanbidding
Sluitingsdatum: 30 September 2026.
Die Sondagsriviervallei is bekend vir sy sitrusplase. Ons gemeente bedien al vir meer as 100 jaar hierdie groeiende plattelandse gemeenskap. Ons gemeentevisie: Nader aan God | Nader aan Mekaar | Nader aan die Koninkryk. Op hierdie reis het die Here vir ons twee fokusareas uitgewys: aanbidding en jeugbediening. As jy ook iemand is wat saam met die Here op reis is na sy roeping in jou lewe nooi ons jou uit om vir hierdie pos aansoek te doen. Bel ons asb as jy meer wil weet (Ds Jaques Grobler 082 812 6785 | Marius Jürgens 083 564 6315 | Yolanda Potgieter 084 816 6248).
Waaroor droom ons?
Aanbidding
Ons is opgewonde daaroor om as ’n geloofsfamilie die Here te aanbid. Daarom sien ons uit daarna om iemand in ons span te verwelkom met musikale vermoëns wat ook die aanbiddingspan kan vorentoe vat.
Jeugbediening
Ons glo dat elke kind in ons omgewing die geleentheid moet kry om ’n lewende verhouding met Jesus te hê. Daar is ruimte vir iemand om ons op te lei en opgewonde te maak om die skoolgaande jeug te kan bedien.
Jong volwassenes
Anders as baie plattelandse gemeentes het ons ’n groeiende getal jongmense. Hier is meer as 70 gesinne met voorskoolse kinders by ons. Ons droom daaroor dat ons gemeente ’n geestelike tuiste sal wees vir jong volwassenes.
Ons gebed is dat die Here ons span aanvul met iemand wat lief is vir God. Iemand wat gemaklik met mense oor die weg kom. Iemand wat bereid is om leiding te neem en deel van ’n span te wees. Iemand wat onafhanklik met passie en energie kan werk aan die take wat aan hom/haar opgedra is. Rekenaarvaardigheid sal in jou guns tel.
Ons onderneem om jou (en as jy ’n gesin het – hulle ook) deel van ons familie te maak. Ons gebruik sinodale skaal as riglyn vir die vergoedingspakket.
Diensaanvaarding: Verkieslik 1 Jan 2027 maar soos baie dinge is dit onderhandelbaar.
Ons wil jou graag leer ken. Nie net wat jy weet nie maar ook wie jy is. Stuur jou aansoek voor 30 September 2026 aan ngkerk@kirkwood.co.za of 072 107 4558.
