Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hartseer en die hart se pieke

I wish I’d said … Volume 4 deur Johann de Lange en Rethabile Possa-Mogoera

Uitgewer: Naledi, 2021


Hoe praat ’n mens oor die dood? Hoe vind ons woorde?

Die begrafnisondernemersmaatskappy AVBOB het reeds in 2017 met ’n poësie-kompetisie begin, om vir diegene wat nie woorde het vir hulle pyn nie, gedigte te bied. Inskrywings het vanjaar gewissel van digters tussen die ouderdom van sewe en 98. Driekwart van die inskrywings was van jongmense. Dit is daarom jammer dat geen ouderdomme van wenners vermeld word nie.

In I wish I’d said … Vol 4 word die wenners van vanjaar se AVBOB Poetry Project gebied. Daar is 12 afdelings vir Suid-Afrika se landstale, plus ’n Nama-afdeling. Gedigte word in die oorspronklike taal geplaas, met ’n Engelse vertaling daarby. Wen-gedigte staan langs die werk van gevestigde digters.

’n Mens verwag dat die gedigte morbied en makaber sal wees. Of dat dit oppervlakkige cliché-belaaide rymelary sal wees. Die teendeel is waar. Daar is hoendervleis-oomblikke, soos die nuwe lewe uit ’n druiwekorrel. Daar is intiem-persoonlike verhale en huldeblyke. Daar is die pynlike besef dat die dood verweef is met geweld vir té veel mense in ons land. Daar is ’n fassinerende kyk op hoe verskillende kulture verskillend – en tog so diep eenders – praat oor die dood.

Jy gaan nie hier gedigte vind vir begrafnisbriewe en trooskaartjies nie. Wat jy gaan vind, is ons gedeelde menswees, gevind in die brose oomblikke van rou.

Koud

deur Salvia Ockhuis

Ons groet

in hierdie winternag

waar sneeuvlokkies sag

bly sweef en draal

 

en môre weet ek weer

jy is my

vir altyd ontsê:

jou wegwees

bly yswit

op my hart

se pieke lê.

 

Beskikbaar vir R240 by Naledi.

 

  • Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top