Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Resensie: Meesleurende verhaal oor die reis van ‘hulle’ na ‘ons’

Disrupting the divide: A story of costly love in a divided nation

Deur Mikal Barnes and Phumlani Ngwenya

Uitgewer: CLF, 2026

Resensent: Nadine Stoffels

 

In 2026, waar ons weer begin verdeel op grond van hoe ons lyk en watter taal ons praat, bring die storie van Mikal en Phumlani hoop: hoop dat wanneer ek deur my kerk se vensters loer, dit dieselfde kan lyk as wanneer ek in die straat af kyk.

Die skrywers sê self: “It’s not a clever commentary on race or reconciliation. It’s a story. A real one. About what happens when the love of God explodes through two very unlikely people, disrupts the divide – and creates something the world cannot manufacture: family.”

Mikal Barnes en Phumlani Ngwenya vertel ’n moeilike, grondpadstorie wat oorkom is deur liefde. Teenoor die verdeling van Apartheid, is hierdie ’n storie van “hulle” na “ons”.

Ek het die meesleurende en onderhoudende boek in een middag deurgelees. Die skrywers vertel ’n praktiese storie waar Jesus die hoofkarakter is. Soveel van hulle storie is ook my storie, as ’n wit, NG Kerk dominee wat so graag eenheid wil hê. Ons praat egter nie meer noodwendig in gemeentes oor hierdie sake nie, omdat dit ongemaklik is en ons moontlik weer kan verdeel.

Soos Barnes en Ngwenya, wil ek net vir Jesus volg. Hulle boek met die deurdagte temas help my daarmee. Hierdie vassteekstorie laat my weer oor my eie verhaal dink en gee my hoop vir ’n NG Kerk wat dalk anders kan lyk. Die boek het my laat nadink oor kultuur en die navolging van Christus op ’n praktiese, Bybelgefundeerde manier.

As jy saam met ’n groep die boek wil lees oor 4 weke vanaf 27 Julie, is jy welkom om aanlyn te registreer vir ’n leergemeenskap wat aangebied word deur die Miga 6:8 Taakspan vir Versoening en Geregtigheid van die Algemene Sinode. Kontak gerus vir Rika by excelcus@up.ac.za om aanlyn te bespreek.


Beskikbaar by CLF.

Ds Nadine Stoffels is ’n lid van die Algemene Sinode se Miga 6:8 Taakspan vir Versoening en Geregtigheid.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top