Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuwe ontdekkings wag in 56 meditasies op Bybeltekste

Uitsigte op die nuwe wêreld in die Bybel deur Eric Scholtz

Uitgewer: Digital on Demand, 2026

Resensent: André Schmidt

Dit is met opgewondenheid dat ek Eric Scholtz se boek, Uitsigte op die nuwe wêreld in die Bybel, begin lees het. Ons was 25 jaar lank kollegas by Driehoek-gemeente in Vanderbijlpark. Ek kan getuig van die erns waarmee hy sy Woordverkondiging aangepak het. Sy preke het altyd van deeglike navorsing en diep nadenke oor die Bybelteks getuig. Daarom het ek verwag dat hierdie boek dieselfde eienskappe sou weerspieël – en ek is nie teleurgestel nie!

Hoewel die agterblad hom beskeie as predikant van twee gemeentes beskryf, ken ek hom as ’n ernstige student van die teologie. Sy twee teologiese meestersgrade asook sy DD in praktiese teologie, getuig daarvan.

Die boek bevat 56 meditasies wat die kerklike jaar volg en telkens ’n verrassende “uitsig” op ’n Bybelteks bied. Soos mense vanaf dieselfde uitkykpunt verskillende dinge kan raaksien, nooi die skrywer die leser uit om sélf ook weer na die teks te gaan luister om dalk self ’n nuwe en verrassende “uitsig” in die teks te ontdek. Verwysings na ander teoloë in voetnotas verryk die meditasies.

Die 477-bladsyboek is ’n pragtige publikasie wat deeglik taalkundig versorg is. Ek beveel dit van harte aan.

Die gedrukte boek is by Takealot beskikbaar en die e-boek by Amazon.

Dr André Schmidt is ’n emeritus-leraar van die NG Kerk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top