Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kersfonds sê dankie

Baie dankie aan die volgende NG gemeentes wie se bydraes tot Kerkbode se Kersfonds tussen 8 en 25 Januarie ontvang is: Rondebosch; Alkmaar; Kimberley-Wes; Murray-De Doorns; Hartenbos; Clanwilliam; Lüderitz; Klerksdorp-Oos; Vasco; Ho­ri­son-Noord; en Aliwal-Noord.

Daar is ook bydraes ontvang van die NG Kerk in Suid-Afrika (ofte wel die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland), van MM van der Riet; B Vollgraaff en ’n mnr Koekemoer. Daarby was daar ook ’n aantal anonieme bydraes.

Die fonds staan nou op R149 585,16. Bydraes wat tot einde Februarie ontvang word, sal as deel van hierdie seisoen se Kersfonds tel en onder 42 inrigtings vir kinders in die NG Kerk verdeel word.

Bydraes wat na einde Februarie ontvang word, sal in die volgende seisoen se Kersfonds gestort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top