Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Bessie Badenhorst van Mosselbaai by van die kos wat die gemeente op Kersdag uitgedeel het. Foto: Verskaf

Mosselbaai deel uit op Kersdag

Kersfees in Mosselbaai sorg vir meer as die gewone vakansiebedrywigheid. Sewe jaar gelede het Bessie en Peet Badenhorst van die Moedergemeente die gedagte gekry om die Kersfeeskosprojek te begin.

Vroeg in Desember word daar reeds houers by die kerkdeure geplaas. Gemeentelede en vakansiegangers word gevra om van die houers te neem en op Kersdag ’n ekstra bord kos te skep en kerk toe te bring.

Hierdie kos word dan deur predikante en evangeliste uit die dorp se arm gemeenskappe by die kerk afgehaal en in hulle woonbuurte versprei. Op hierdie wyse word die koms van Jesus as die grootste geskenk gevier en ook  liefde en mededeelsaamheid uitgeleef.

Oor die afgelope jare het dit gegroei van sowat 100 borde kos tot meer as 500 borde in 2015. Die kerkgangers stroom na die kerk met geurige etes – direk van die Kerstafel. Daar is  allerlei lekkernye, soos poeding, lekkers en koeldrank, dikwels fleurig versier met lintjies.

Veral vakansiegangers span dikwels saam en kom met groot bokse propvol kos.

Vir diegene wat op Kersdag help om die kos by die kerk te ontvang en te verdeel, bring dit ’n knop in die keel om mense se omgee te beleef. En dat talle mense se hart op hierdie vreugdevolle dag verbly kan word, beide deur te gee en te ontvang, is tog waaroor die evangelieboodskap gaan.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top