Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Toekomsvenster se vyfde boek verskyn

Die vyfde boek in ToekomsVenster se reeks het pas verskyn. Ons behoort aan mekaar handel oor die geloofsgemeenskap en is geskryf deur dr Annes Nel.

ToekomsVenster

ToekomsVenster, met die leuse “Op weg na en anderkant 2020”, wil bydra om gelowiges omvattend toe te rus vir die uitdagende tye waarin hulle leef. Die materiaal bestaan uit stiltetyddagboeke wat elk oor ’n nege weke periode strek asook kleingroep DVD’s wat die byeenkoms volledig fasiliteer, musiek ingesluit. Preeknotas word op die internet geplaas sodat le­raars in hul prediking by lidmate en kleingroepe kan aansluit. Daarbenewens kan gelowiges ook daaglikse bloginskrywings volg vir verdere toeligting.

ToekomsVenster fokus oorkoepelend op vyf areas wat in konsentriese sirkels uitkring. Aanvanklik word na aspekte van die individuele gelowige se geloofslewe gekyk. Daarna verbreed die fokus na gemeentes en die plek van gelowiges daarbinne. Die visie verbreed namate die rol van die gemeente in die gemeenskap oorweeg word. Suid-Afrika en sy besondere uitdagings kom ook onder bespreking totdat die wêreld, veral die sendingtaak, bespreek word.

Boeke oor die werk en bediening van die Heilige Gees, skeppingsdoel asook missionale kerkwees verskyn later vanjaar.

▶ Navrae kan gerig word aan Drienie by 011 665 2017, of besoek toekomsvenster.bybelmedia.org.za. “Like” ToekomsVenster ook op facebook vir vars inligting.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top