Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Jy kan amper nie verder lees nie …

ANDERKANT UIT: STORIES OOR TRAUMA EN HOOP
Deur Hanlie Retief
Uitgegee deur Tafelberg, 2014
Resensie deur Henda Gaum


Hanlie Retief is een van die begaafdste onderhoudvoerders in die land. Met haar vars en boeiende skryfstyl, is sy meester van die kuns om jou gevange te hou sodat jy as ’t ware sélf die dinge wat sy beskryf belewe en die mense met wie sy gesels, van naby leer ken.

Hierdie boek bevat stories van uiterste trauma … én hoop. Dit is ’n bundel van die onderhoude wat sy die laaste klompie jare vir Rapport met bekendes én minder bekendes gevoer het oor traumas van allerlei aard wat hulle getref het. Sy laat jou besef dat daar baie Suid-Afrikaners is met wie verskriklike goed gebeur en wat dan tog sinvol met die lewe kan voortgaan.

Soms voel jy as leser dat die dinge wat met mense gebeur, te erg vir vlees en bloed is en het jy amper nie die moed om verder te lees nie. Maar die begrypende en empatiese manier waarop Hanlie met mense omgaan en hulle verhale neerskryf, laat jou end-uit volhou!

Vir my is die gesprekke ná die verskillende onderhoude tussen Hanlie en die sielkundige Louis Awerbuck en joernalis Lise Swart eintlik onnodig, hoewel sommige lesers dit van nut sal vind. Myns insiens spreek die onderhoude vir hulleself!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top