Baie dankie aan die volgende NG gemeentes wie se bydraes tot die Kerkbode-Kersfonds in die tydperk 26 Januarie tot 8 Februarie ontvang is: Goudini, Queenstown, Worcester-Audenberg, Albanie, Stellenbosch-Noord, Botharus en Deo Gloria.
Daar is ook bydraes ontvang van die NG Kerk in die Vrystaat en die NG Kerk in Wes-en-Suid-Kaapland, asook van A Grobler, G Pretorius en die Fourie-gesin en ’n paar anonieme bydraers.
Die fonds staan nou op R179 181,63. Hierdie seisoen se Kersfonds word op 29 Februarie afgesluit waarna die geld verdeel sal word tussen kinderhuise van die NG Kerk. Enige bydraes wat ná
29 Februarie ontvang word, word in die volgende seisoen se Kersfonds gestort.
Geborg