Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Noord-Kaap se boom staan in Luther se stad

In Lutherstadt Wittenberg waar die Kerkhervormer Martin Luther sy 95 stellings teen die deur van die kerk vasgespyker het, staan daar nou ’n boom vir die NG Kerk in Noord-Kaapland.

Ds Gert Duursema wat die leiding in Noord-Kaapland neem met die 500-jarige viering van die Reformasie in 2017, vertel dat die eer om die boom te plant, hom te beurt geval het toe hy Luther se stad einde Januarie besoek het.

Hy het vir ds Hans-Wilhelm Kasch van die Lutherse Wêreldbond daar ontmoet en dié het hom genooi om namens die NG Kerk in Noord-Kaapland ‘n boom te plant. Dit vorm deel van die Luthertuin wat as deel van die Reformasieviering aangelê word.

Die plant van bome roep ’n uitspraak in herinnering wat aan Luther toegedig word. Daarin het hy gesê as hy sou weet dat die wêreld môre vergaan, hy steeds vandag ’n appelboom sou plant.

Die gedagte is dat 500 bome namens verskillende kerke reg oor die wêreld in die tuin geplant sal word. Van elke kerk wat so bydra tot die tuin, word gevra om ook ’n boom ter viering van die Reformasie in hul eie omgewing te plant.

Duursema vertel dat die plant van die boom nie sommer gou-gou plaasgevind het nie. Daar was ’n hele liturgie waarin daar gesing en gebid is, uit die Bybel gelees is en afgesluit is met die bid van die Onse Vader – in Duits, Engels en Afrikaans.

Die Noord-Kaap se boom is nr 279 in die Luthertuin. By www.luthergarten.de/welcome kan ’n mens meer lees oor die Luthertuin en onder “List of all trees” kan ’n mens ook die besonderhede van Noord-Kaapland se boom vind.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top