Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Vroue bid vir geringstes

Laat die kindertjies na My toe kom …

Dit is die tema van die Wêreldbiddag vir vroue wat op 4 Maart vir die 86ste keer in Suid-Afrika gevier word.

Volgens me Rinel Hugo, lid van die uitvoerende komitee van die biddag in Suid-Afrika, wil dié tema, wat vanjaar deur die vroue van Kuba gekies is, die fokus laat val op God se verwelkoming van die mees gemarginaliseerde mense in die samelewing.

Kerke word aangemoedig om dié dag met ekumeniese byeenkomste te vier, sodat die Christenvroue in die land hande vat, sê Hugo.

Die biddag word wêreldwyd in sowat 170 lande gehou.

In Suid-Afrika word dit volgens Hugo goed ondersteun. Hulle komitee laat druk 100 000 programme in nege tale vir die dag.

In 2015 kon hulle R140 000 skenk aan Bybelgenootskappe en maatskaplike dienste uit die geld wat vroue tydens die biddag bygedra het.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top