Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Johan Brink (assessor van die NG Kerk in Wes-Transvaal en voorsitter van Wes-Transvaal se Sinodale Fondsekommissie) oorhandig 'n tjek van R500 000,00 aan mnr. Pierre Vercueil, president van Agri Noordwes, terwyl mnr. Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes toekyk.

Wes-Transvaal gee halfmiljoen vir droogtehulp

Die NG Kerk in Wes-Transvaal het op 8 Maart ‘n halfmiljoen rand vir droogtehulp aan die landbou-organisasie Agri Noordwes oorhandig.

Dit is geld wat op twee Sondae deur middel van deurkollektes deur die gemeentes van Wes-Transvaal ingesamel is. Die Wes-Transvaalse sinodale gebied is een van die dele van die land wat erg getref is deur die droogte.

Die geld gaan nou gebruik word om die boere in die sinodale gebied wat die grootste nood het, te help.

Ds Johan Brink, assessor van die Wes-Transvaalse sinode, sê Agri Noordwes en die TLU-SA kan skenkings van gratis voer vir hierdie boere kry, maar dit moet dan aangery word.

Die geld wat die gemeentes ingesamel het, gaan nou gebruik word om vragmotors te huur om dié voer na die boere toe aan te ry.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top