Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

21 appèlle teen besluite oor gays

Daar is altesame 21 appèlle ingedien teen die Algemene Sinode se besluite oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag.

Daarby is daar ook drie appèlle teen die Algemene Sinode se besluit dat streeksinodes self hul belydenisgrondslag kan uitbrei deur byvoorbeeld die Belydenis van Belhar daarby in te sluit.

So het prof Johan van der Merwe, aktuarius van die algemene sinode, op Dinsdag 15 Maart aan die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) gerapporteer.

Van der Merwe het gesê volgens die reglement vir die hantering van appèlle is ‘n vergadering wat ‘n appèl hanteer, ‘n geslote vergadering. Daarom word die name van die appèllante en die inhoud van die appèlle nie bekend gemaak nie.

Dit word so gedoen om die integriteit van die proses te beskerm, het Van der Merwe gesê. Hy het wel bevestig dat daar appèlle is van lidmate en van kerkrade.

Die ASM het die saak en spesifiek die opskorting van die uitvoering van die Algemene Sinode se besluite bespreek. Die ASM kon egter nie besluite daaroor neem nie omdat die Kerkorde voorskryf dat die Algemene Taakspan Regte (ATR) die saak moet hanteer.

Die ASM het die moderatuur gevra om te antwoord op die brief van die 65 teoloë wat gevra het dat die saak op ‘n ander manier gehanteer word.

Intussen bly die uitvoering van die besluite van die Algemene Sinode steeds opgeskort. Van der Merwe het gesê die ATR het weer regsadvies ingewin, en volgens die regsadvies is dit die pad wat die gemenereg voorskryf.

Dr Andre Bartlett en dr Carin van Schalkwyk wou revisie vra op die opskorting en het ‘n ander regsopinie na die vergadering gebring, maar dit was nie ontvanklik nie omdat daar nie vooraf daarvan kennis gegee is nie.

Van der Merwe het egter gesê enigiemand wat ‘n bydrae kan lewer, is welkom om dit na die ATR te stuur. Alle bydraes word verwelkom.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top