Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Praag se ‘grap’ nie die waarheid

Praag se poging tot ‘n 1 April-grap – dat die NG Kerk nou poligamie aanvaar het – is onwaar.

Nadat talle lidmate met verontwaardiging op dié “grap” op Praag se webwerf gereageer het, het dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, ‘n verklaring uitgereik  om duidelik te maak wat die waarheid is. Hy het Praag se “berig” as onvanpas bestempel.

Volgens Claassen was die verwagting dat Praag se webmeester binne ‘n redelike tyd sou aandui dat dit ‘n poging tot ‘n Aprilgek-grap was, indien wel. Geen poging is egter aangewend om die onvanpaste inhoud van die skrywe te korrigeer nie.

Na aanleiding daarvan het die kantoor van die Algemene Sinode soos volg gereageer:

Reaksie op Praag se poging tot Aprilgek-grap

Die kantoor van die Algemene Sinode het kennis geneem van die Praag webtuiste se 1 April gekskeerdery met die NG Kerk. Ons weet dat Suid Afrikaners ‘n uitsonderlike vermoë het om deur humor te reageer op moeilike sake, maar die verwarring wat die artikel geskep het veroorsaak dat ons net enkele sake wil duidelik maak.

Ons wil dit baie duidelik maak dat daar geen kommissie in die NG Kerk is wat besig is om oor die moontlikheid van poligame huwelike te werk nie, en daar was nog nooit enige sprake van so ‘n kommissie nie. Die wyse waarop die artikel poog om ‘n individu onder verdenking te bring en ‘n verleentheid te skep vir ‘n predikant en gemeente van die NG Kerk veroorsaak dat die goeie gees van Suid Afrikaanse humor ontaard in iets wat ongemaklik is.

Die NG Kerk het nog altyd duidelik gemaak dat huwelike nie slegs monogaam moet wees nie, maar ook gekenmerk moet word deur liefde en trou. Die NG Kerk was verder nog altyd duidelik dat enige oorweging van selfdegeslagverhoudings afhanklik is van dieselfde etiese standaarde as wat geld in ‘n huwelik  tussen een man en een vrou. Alhoewel ons in die NG Kerk diep bewus is van die komplekse aard van vrae oor seksualiteit, was daar by ons nog altyd konsensus dat seksuele verhoudings monogame verhoudings behoort te wees.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top