Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wenboek is vir mense ‘wat met God wil praat’

Elf dae na Andrew Murray se geboortedag, op 19 Mei, het die Andrew Murray-prysfonds vanjaar weer sy jaarlikse pryse aan pryswenners oorhandig.

Almal het regop gesit toe “his Master’s voice”, Gerdrie van der Merwe se bynaam in sy tuisdorp Kuruman, sy spesiale Andrew Murray-toekenning ontvang het vir sy bydrae tot kerkgeskiedenis. Met sy kenmerkende harde stem het hy gesê dat hy met sy boeke oor NG gemeentes se geskiedenis en sy telefoonbediening “elke dag mense met Jesus wil aanraak”.

JongTeoloePraatSaam“Dié boek is nie vir mense wat resultate soek nie, maar vir mense wat met God wil praat,” het teoloog Andries Cilliers gesê oor Die ewigheid in my hart (Lux Verbi), die beste Afrikaanse Christelike boek, wat hy saam met Christina Landman beoordeel het. Barend Vos is vereer vir dié kreatiewe, meditatiewe omskrywings van die Psalms.

Die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys is deur Living with dignity – African perspectives on gender equality (Sun Press) gewen. Gertrude Kapuma van Malawi, een van die redakteurs van die boek, het gesê dié boek, met bydraes van meer as twintig teoloë, is vir al haar broers en susters wat vir menswaardigheid stry in Afrika.

Die Suid-Afrikaanse jeugkoor het die gehoor bekend gestel aan die kerkmusiek van Chris Lamprecht, die wenner van die eerste Andrew Murray-FAK-toekenning vir sy buitengewone bydrae.

Die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys is aan Annette Potgieter vir Jong teoloë praat saam … (Bybel-Media) toegeken.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top