Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Dankbaar dat ek iets vir die kerk kon beteken’

“Dit skep by my ’n diep gevoel van dankbaarheid dat ek iets vir die kerk kon beteken en my geloof op hierdie manier kon uitleef.”

Só sê Chris Lamprecht (88), die wenner van die eer-ste Andrew Murray-FAK-prys.

Oom Chris
Chris Lamprecht, die wenner van die eerste Andrew Murray-FAK-prys. Foto: Dan de Koker

Maar dalk is dit eerder die kerk wat moet dankbaar wees vir ’n bydrae van meer as 60 jaar tot kerkmusiek. Sy bydrae word bestempel as “’n ontsaglike groot skat van gewyde musiek tot ons musiekerfenis”.

Sy lang musiekpad begin as jong musiekstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Later is hy musiek-on­der­wyser in die destydse Transvaal en daarna volg ve­r­dere studie in Duitsland in 1954. Dis juis hier, by die Westfälische Kirchenmusikschule in Herford, waar sy lus aangewakker is om meer kerkmusiek in sy ge­boorteland te kom skep.

Die afgelope meer as 60 jaar het hy ’n buitengewone bydrae tot Christelike musiek in Suid-Afrika gelewer as orrelis in onder andere die NG gemeente Universiteitsoord in Pretoria, koorleier, komponis en verwerker. Dit is hiervoor dat hy tydens die prysoorhandi­ging vereer is. Maar sy bydrae was nie net tot kerk­musiek nie, maar ook tot honderde volksliedjies waar­voor hy van 1968 tot 1973 landwyd gereis het om dié volkskat op te teken.

“In 1933 het ek my grootste geskenk (die Bybel) ontvang. Vanaand se prys span vir my die kroon op die eerste vers wat ek in daardie Bybel onderstreep en verstaan het. In Psalm 27:4: ‘Een ding het ek van die Here begeer – dit sal ek soek: Dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in sy tempel. Vir die Musiekleier, ’n Psalm van Dawid. Soli Deo Gloria’,” het Chris gesê tydens die prysoorhandiging.

Volgens ds Faani Engelbrecht, bestuurder van NG Kerk-Uitgewers en Flam-Musiekuitgewers by Bybel-Media, digitaliseer hulle tans “oom Chris”, soos hy on­der sy studente bekend staan, se musiek.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top