Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Leon Venter

Leon Venter word BM-hoof

Die direksie van Bybel-Media het die volgende mediaverklaring uitgereik:

Ds Leon Venter van Durbanville is op 17 Oktober 2016 deur die direksie van Bybel-Media as uitvoerende hoof van dié groep van maatskappye aangestel. Hy volg dr Pieter Fourie op, wat aan die einde van 2016 emeriteer.

Bybel-Media het oor die afgelope dekade onder Fourie se leiding in statuur gegroei as uitgewer van verskeie bekroonde publikasies, Kerkbode, e-Kerkbode en LiG. Bybel-Media bedryf ook verskeie kerklike bedieninge, waaronder die Nehemia Bybel-Instituut en gevangenisbediening, en tree as uitgewer van klassieke en kontemporêre kerkmusiek op. BM is ook stigterslid van die Assosiasie vir Christelike godsdienspraktisyns. Dit is ‘n professionele liggaam wat opleiding vir kerke in Afrika op ‘n professionele vlak standaardiseer.

Venter is tans hoof van die Wes-Kaapse sinode se Diensgroep Diaconia-bediening. Diaconia fokus op die ontwikkeling van gemeente-diakonaat om armoede sistemies te help bestry. Hy het wye ervaring in gemeentebediening, die korporatiewe en sakewêreld, asook die dienslewering van sinodale strukture. Venter is tans voorsitter van die Wes-Kaapse sinodale koördineringspan, lid van die sinodale moderatuur en was lid van die taakspan vir herstrukturering in die Wes-Kaapse sinode.

Danie Mouton
Voorsitter: Direksie

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top