Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kerkbode mag nie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Chris van Wyk van Somerstrand skryf:

Die berig van prof Helena van Coller (“Kerk en Hof”) mag nie geplaas word in Kerkbode nie. Die modera­tuur was duidelik daaroor dat die sub judice-reël geld in dié saak. Net die moderatuur mag hulle mening oor die saak uitspreek. Kerkbode moet dit dus respekteer en hierdie bydrae verwyder.

Volgens my inligting werk die sub judice-reël as volg. Sodra ’n hofsaak aangekondig is, word daar verwag dat die saak voor die hof besleg sal word. Enige kom­mentaar op die swak en sterk punte van ’n saak is be­vooroordelend en ontoelaatbaar. Almal word deur ­hierdie reëls beheer. Uiteraard kan oor die feite van só ’n saak berig word, maar nie oor die meriete van die feite na watter kant toe ook al nie. Kerkbode oor­tree dus hiermee die algemene reël sowel as dié wat die mode­ratuur neergelê het.

Die plasing van hierdie berig is dus heeltemal onaanvaarbaar komende van ’n amptelike spreekbuis van die kerk.

Kerkbode verstaan die sub-judice-reël anders. Verskillende regslui met wie Kerkbode oorleg gepleeg het, was verbaas oor die siening dat die plasing van prof Van Coller se skrywe op Kerkbode se webwerf en facebookblad (4 Julie) die sub judice-reël sou oortree. – Redakteur

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top