Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Hierdie was ’n wonderlike ekumeniese geleentheid waaraan jongmense oor kerk- en kulturele grense meegedoen het,” sê Gustav. By Gustav van links is broer Paolo, aartsbiskop Thabo Makgoba, broer Alois en broer Norbert van Taizé. Foto verskaf

Taizé-pelgrimstog in Kaapstad

Duisende jongmense uit Suid-Afrika, die res van Afrika en van ander vastelande het onlangs in Kaapstad bymekaargekom vir ’n pelgrimsreis.

Die “Pelgrimstog van Vertroue” (Pilgrimage of Trust), wat deur die Taizé-gemeenskap in Suid-Afrika georganiseer is, het vanaf 25 tot 29 September 2019 in Kaapstad plaasgevind.

Jongmense van die NG Kerk so­ver as Bloemfontein en Pretoria was onder die pelgrims wat die geleentheid by die St Joseph Marist School in Rondebosch bygewoon het, het dr Gustav Claassen, algemene sekreta­ris, laat weet.

Die wêreldwye Taizé-gemeenskap het gereageer op ’n gesamentlike uitnodiging van Claasen saam met ander kerkleiers soos aartsbiskop Thabo Makgoba en biskop Sipho Ziwa. Sedert Februarie 2018 het die Taizé-gemeenskap in Kaapstad die voorbereidings getref in samewerking met plaaslike kerkgemeenskappe.

Volgens Claassen was die daaglikse program gevul met sang, gebed, stilte en die viering van die geloof met ander jongmense. Deelnemers het tuisgegaan by plaaslike gemeentes wat as gasheer opgetree het.

Die Taizé-gemeenskap is ’n ekumeniese beweging met ’n sterk fokus op vrede en geregtigheid deur gebed en meditasie. Dit is een van die wêreld se belangrikste instel­lings vir Christelike pelgrimstogte. Elke jaar stroom tienduisende jong pelgrims na die klein dorpie Taizé in Sentraal-Frankryk om te deel in die lewens­wyse van die gemeenskap met gebed en stilte as die kern van die ervaring.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top