Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Josua Majaki

Reis na predikantwees was ‘genade op genade’

Op 69 sê ds Josua Majaki sy reis na predikant-wees was vir hom ’n tipe Moses-reis.

“Dit is ’n lang pad, maar uiteindelik sit die Here jou op die plek waar Hy jou wil hê.” Hy het reeds op 19 die roe­ping ont­vang om predikant te wees. “Dit is nou baie jare later, maar dit het gerealiseer,” gesels Majaki om die etenstafel tydens middagete by eMseni in Benoni.

Majaki is sedert 2015 ’n leraar van die Sinode Goudland en afgevaardig om die Algemene Sinode by te woon. Hier het sy “steunpilaar” ds Japie du Plessis, voor­heen moderator van die Wes-Trans­vaalse Sinode soos Goudland vroeër geheet het, en ds Anton Mieny weer vir hom gewys hoe God se liefde lyk, vertel hy.

Majaki sit by die etenstafel en sê hy sal nooit genoeg dankie kan sê nie aan Goudland Sinode wat hom die geleentheid gegee het om deel van die NG Kerkfamilie te wees. “Genade op gena­de,” noem Majaki dit.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top