Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

SA Kinderhuis in Kaapstad is een van die begunstigdes by Kerkbode se Kersfonds, wat ’n betroubare meganisme vir lidmate is om kinders se lewe positief te beïnvloed. Vir ’n volledige lys van skenkers en begunstigdes, besoek www.kerkbode.co.za. Skermgreep vanaf video met erkenning aan Mustafa Ates

Kerkbode-Kersfonds sê dankie vir R158 705,35

Sowat 18 kinderhuise landswyd sal baat vind by die ruim sken­kings wat lidmate gemaak het tot Kerkbode se Kersfonds, wat jaarliks geld insamel om dié wat met kinders werk se hande sterk te maak.

“Ons glo as gemeente dat die Here ons seën om tot seën te wees en vertrou dat Matteus 6:33 ook vir ons as gemeente geld: Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al ­hierdie dinge gee,” het ds Louis Smit van die Murray-gemeente in De Doorns oor hulle bydrae laat hoor.

Te danke aan verskeie sulke gemeentes en individue, is ’n bedrag van altesaam R158 705,35 sedert einde verlede jaar ingesamel, volgens ons Kerk­bode se Kersfonds-beampte Jean­ne van Niekerk.

Jeanne vertel: “Daar het ses individue, een sinode en 30 gemeentes bydraes gelewer. Die fonds het ook twee anonieme bydraes ontvang. Die twee grootste bydraes was van die NG gemeente Murray in De Doorns met R27 862,50 en die NG gemeente Hoopstad in die Vrystaat met ’n bedrag van R9 844,50.”

Volgens Carin van Huyssteen, skriba van die NG gemeente Murray in De Doorns, het hulle vier diens­te in Desember 2019 se deur­kol­lek­te aan die Kerkbode-Kersfonds gewy.

Die jaarlikse Kerssangdiens in die Hoopstad-gemeente het weer gesorg vir dié gemeente se bydrae. “Ons gee elke jaar ons Kerssangdiens se kollekte vir Kerkbode se Kersfonds. Die diens word altyd deur baie mense bygewoon en dalk gee lidmate makliker omdat dit vir so ’n spesiale doel is,” het Zibbie du Toit, die gemeente se sakebestuurder, gesê.

Kerkbode werk jaarliks met ’n amptelike lys van begunstigdes wat vanjaar elkeen sowat R7 700 sal ontvang.

SA Kinderhuis in Kaapstad, wat een van die fonds se begunstigdes is, is vir 60% van hulle maandelikse uitgawes van donasies afhanklik, sê Sandra Collins, die bestuurder. Daarom is hulle uiters dankbaar vir die Kerkbode-Kersfonds se bydrae.

Volgens Collins benodig hulle nie net finansies vir hulle inwoners nie, maar ook vir hulle “transitional support programme” wat oud-inwoners vir ’n jaar ondersteun nadat hulle SA Kinderhuis verlaat het. Die hulp sluit onder andere beurse en akkommodasie in.

Namens die Kerkbode-span wil ons dankie sê vir elkeen wat die Kersfonds se impak kragtig en lewend hou te midde van groot ekonomiese uitda­gings in ons land. – Red.

Kersfonds-begunstigdes:

  1. Abraham Kriel Kinderhuis Modimolle (Nylstroom)
  2. Abraham Kriel Bambanani
  3. Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom
  4. AM Masigcine Kinderhuis
  5. Catherine Robson Kinderhuis
  6. Die Herberg Kinderhuis
  7. Durbanville Kinderhuis
  8. Huis Andrew Murray
  9. Huis van Heerde
  10. Louis Botha Kinderhuis
  11. Kinderoord MTR Smit
  12. Môreson ACVV Kinder- & Jeugsorgsentrum
  13. Môrester Kinder en Jeugsorgsentrum
  14. NG Kerk Kinderhuis Jannie Roux Kampus
  15. Overstrand Kinder- en Jeugsorgsentrum
  16. SA Kinderhuis, Kaapstad
  17. Steinthal Kinderhuis
  18. Winburg Kinderhuis en Jeugsorgsentrum

Dankie, donateurs:

Anoniem R200, NG gem Migdol R1 150, NG gem Hoopstad R9 844,50, JA Koekemoer R330, NG gem Stellenbosch-Noord R3 500, NG gem Die Vlei R860,70, NG gem Paarlberg R1 293, NG gem Vredendal-Wes R7 101,50, NG gem Vishoek R780, NG gem Reebok R4 280, NG gem Middelburg-Karoo R709, Anoniem R900, NG Gem Parow-Noord R414,30, NG gem Parow-Panorama R3 010, NG Kerk in SA R1 998,22, Vivian Kriel R1 000, NG gem Willowmore R2 846,50, Jaco Swart Bredasdorp R300, M Burger R5 000, JD Robbert R200, NG gem Goudini R1 377,20, CJB Smit R3 000, NG gem Rondebosch R2 873, NG gem Vasco R1 429,60, NG Gem Napier R4 620,80, NG gem Piet Plessis R1 922, NG gem Dewetsdorp R1 007, NG Gem Murray De Doorns R27 862,50, NG gem Bellville-Oos R3 053, NG gem Merweville R2 067,10, NG gem Alkmaar R161, NG gem Allanridge R183, NG gem P/Burg-Oos R5 942, NG gem Townsview R900, NG Gem Mosselbaai Moedergem R1 065, NG gem Klerksdorp-Oos R1 875,50, NG Gem Port Nolloth R364, NG gem Queenstown R5 768,40, NG gem Worcester-Audenberg R665, NG gem Plumstead R306, NG gem Albanie R850, NG gem Kimberley-Wes R904,15.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top