Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Valke ondersoek vermeende wanbestuur by sinode (WK)

’n Werknemer van die Wes-Kaaplandse Sinode se finansiële kantoor in Bellville word strafregtelik vir diefstal deur die Valke ondersoek. Die vrou, wat nog nie geïdentifiseer mag word voor sy nie in die hof verskyn het nie, het volgens ’n forensiese ondersoek deur die spesialisfirma Mubesko Africa R5,9 miljoen “wanbestuur”, luidens ’n verklaring wat deur ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk, uitgereik is.

“Die finansiële kantoor van die NG Kerk in Wes-Kaapland het in Mei 2020 vermoed dat ’n werknemer van die sinode fondse van die Sinode van Wes-Kaapland wanaangewend het. Die saakgelastigde, ds Bossie Minnaar, is onmiddellik op 21 Mei 2020 ingelig. Die werknemer is nog dieselfde oggend met die feite gekonfronteer waarop die werknemer met onmiddellike effek bedank het,” luidens die verklaring.

Janse van Rensburg verseker gemeentes en predikante dat hulle sinodale aandeel en pensioenfondse veilig is.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top