Andrew Murray-prysfonds: Wenners hoor in April

Die nominasies van die jaarlikse Andrew Murray-prysfonds is Dinsdag (16 Maart) deur die Uitvoerende Raad van dié prysfonds bekendgemaak. Vanjaar se wenners word in April aangekondig.

Hieronder is die benoemdes, in alfabetiese volgorde, wat die kortlys vir 2021 in elke kategorie behaal het. Die Andrew Murray-prysfonds beskik oor drie kategorieë waar pryse vir Christelike publikasies in Afrikaans, teologiese publikasies in ’n amptelike taal van Suid-Afrika en vir debuutwerk onderskeidelik toegeken word.

ANDREW MURRAYPRYS VIR TEOLOGIESE PUBLIKASIES IN AFRIKAANS

Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix, uitgegee deur Penguin Random House.

Jesus vir almal deur Neels Jackson, uitgegee deur Lux Verbi.

Kerk oor die muur of oor die rubicon? deur Frits Gaum, uitgegee deur Naledi.

Om reg te stel deur Ernst Conradie, uitgegee deur Bybelkor.

Ons glo in deur Dirkie Smit, uitgegee deur Bybelkor.

Oop deure deur Coenie Burger, uitgegee deur CLF.

ANDREW MURRAY-DESMOND TUTUPRYS VIR ALGEMEEN-CHRISTELIKE PUBLIKASIES IN ’N AMPTELIKE TAAL VAN SUID-AFRIKA BEHALWE AFRIKAANS

Bold Bible girls deur Lauren Jacobs, uitgegee deur Naledi.

Destined to be change agents deur Fanie Richter en Laetitia Bull, uitgegee deur CLF.

Grace upon grace deur Johan Cilliers, uitgegee deur African Sun Media.

Stuff we wish we knew before getting married deur Mo en Phindi Grootboom, uitgegee deur Lux Verbi.

Ultimate survivor deur Hykie Berg, uitgegee deur Lux Verbi.

DESMOND TUTU-GERRIT BRANDPRYS VIR DEBUUTPUBLIKASIES IN ’N AMPTELIKE TAAL VAN SUID-AFRIKA

Die verlore seun vannie Gaatjie deur Ivor Swartz, uitgegee deur Lux Verbi.

Heer, leer my u pad deur Paul Kruger, uitgegee deur Naledi.

Honderd dae van dankbaarheid deur Francine Prins, uitgegee deur Lux Verbi.

Kom sit aan deur Rudi Swanepoel, uitgegee deur Lux Verbi.

Ons raaiselpad met alzheimersiekte deur Elise Nel, uitgegee deur Lux Verbi.

2020 se wenners in die drie kategorieë was:

  • In Mamelodi het ek my God gevind (heruitgawe 2018 en uitgegee deur Lux Verbi) van Nico Smith vir die Andrew Murrayprys 2020.
  • Sexism and sin-talk: Feminist conversations on the human condition deur Rachel Sophia Baard was die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutuprys 2020.
  • Ongekaart – ’n Bronboek met roetemerkers vir oorgange met Cas Wepener en Anandie Greyling as redakteurs is met die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys 2020 huis toe.
Word 'n vriend van Kerkbode