Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Oud-pres. FW de Klerk is op 11 November 2021 by sy huis in Fresnaye in Kaapstad oorlede. Hy was 85. Foto: Skermgreep via fwdeklerk.org

FW se dood moet SA’ners aanmoedig om ‘reis na demokratiese en voorspoedige land te voltooi’

‘n Oud-president wat onthou sal word vir die groot besluit wat hy geneem het om die Nasionale Party te oortuig om apartheid te beëindig. ’n Politikus wat die weg gebaan het na ’n demokratiese oorgang.

Só word wyle oudpresident FW de Klerk in huldeblyke deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (Sien persverklaring onder. – Red) en die Thabo Mbeki Foundation (TMF) beskryf nadat hy op 11 November 2021 by sy huis in Fresnaye, Kaapstad gesterf het.

De Klerk is na ’n stryd met mesotelioom-kanker, ’n kanker wat die weefsel van die longe aantas, in die ouderdom van 85 oorlede, luidens ’n berig op FW de Klerk Foundation se webwerf.

Volgens ’n persverklaring van TMF moet De Klerk se afsterwe Suid-Afrikaners positief inspireer. “Mnr de Klerk se dood moet gesien word as ’n geleentheid vir alle Suid-Afrikaners om te refklekteer oor wat ons elkeen moet doen om die om die reis te voltooi waartoe ons ons verbind het in 1994. (’n Reis) om ’n nie-rassistiese, nie-seksistiese, demokratiese en voorspoedige land te bou wat werklik aan elkeen wat hier woon behoort.”

Die SARK het die gedagte dat dié oudpresident eerder ’n positiewe invloed op landsburgers moet hê, in plaas van om die nare verlede op te roep, beaam. “Ons land is steeds gevaarlik verdeeld en uiteenlopend gewond. Sy dood moet ons almal eerder ’n oomblik bied om die moed bymekaar te skraap om een algemene Suid-Afrikaanse identiteit te bou ver verwyderd van die apartheid-nalatenskap van ras- en etniese -verdeeldheid wat nou ons politiek definieer.”  

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

 


[scribd id=539114686 key=key-BxOquliWh32yzz4m7ESS mode=scroll]

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top