Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

’n Paar gedagtes rondom die stelling ‘Ek swot BDiv Teologie’

Hierdie skrywe is deel van Kerkbode se nuwe gespreksforum vir teologiese studente. Hierdie afdeling is in ’n toetsfase. Bydraes word nie voor publikasie deur Kerkbode se proefleser versorg nie.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Ildamarí Botha skryf: Ek swot BDiv Teologie. Nie biologie of geologie nie soos party mede studente in die warboel van Hatfield se strate hoor as mens die tradisionele vraag antwoord “wat swot jy”. Mens leer ook om die situasie te lees.

As ek nog nie eers Teologie klaar geantwoord het nie en die persoon se gesig helder al op met aanmoediging en vrae- dan is ek seker hulle weet wat Teologie is. As ’n vraagteken op die persoon se gelaat sigbaar is, dan voeg ek by dat ek Teologie swot omdat ek ’n Dominee gaan word.

Die volgende vraag is hoekom wil ek ’n Dominee word. Weereens is elke situasie anders. Party mense aanvaar die opregte antwoord dat ek in graad 8 my roeping ontvang het om ’n Dominee te word. Ek dink baie mense is skrikkerig om vrae te vra, want niemand wil tog hê dat dit lyk of hul ’n saak van geloof bevraagteken nie. Tog is daar dié wat vra om my roepingsverhaal in meer besonderhede te deel. Ek sien dit glad nie as persoonlik nie en deel dit graag met enige iemand wat wil hoor.

Ek geniet my studies by Tukkies meer as wat ek gedink het ek sou en ek het nie geweet dit is moontlik nie. My mede Teologie studente het ook elkeen hul eie verhaal wat hul tot by die Teologie fakulteit gebring het, maar saam stap ons die pad vorentoe. Dit nie net die Teologie studente wat my ondersteun, uitdaag en inspireer nie. Dit is onder andere die toekomstige geoktrieerde rekenmeesters, kriminoloë en mikrobioloë wat die moeilike vrae vra en opinies lewer. Ek is ewig dankbaar vir my familie en geliefdes wat my onvoorwaardelik ondersteun. Dankie aan elke persoon wat al vir my gesê het ek gaan ’n wonderlike leraar wees. Dankie aan almal wat my net as Ildamarí hanteer en lief het. Ek kan nie wag om te sien wat die Here vir my toekoms beplan nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.