Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Hoekom is die kerk in Afrika vandag nog relevant? Wat maak die kerk in Afrika anders as in die weste en in die ooste? Ek glo dit gaan oor twee dinge: ons identiteit en ons konteks, vertel die skrywer in sy bydrae hieronder.

JG de Bruin skryf: Opsoek na Afrika in die NG Kerk

Hierdie skrywe is deel van Kerkbode se nuwe gespreksforum vir teologiese studente. Hierdie afdeling is in ’n toetsfase. Bydraes word nie voor publikasie deur Kerkbode se proefleser versorg nie.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


JG de Bruin skryf: Ek het onlangs die voorreg gehad om ’n navorsingsprojek te doen oor die kerk in Afrika. Dit het my baie laat dink. Wat beteken dit om die kerk in Afrika vandag te wees? Hoekom is die kerk in Afrika vandag nog relevant? Wat maak die kerk in Afrika anders as in die weste en in die ooste? Ek glo dit gaan oor twee dinge: ons identiteit en ons konteks.

Wat my refleksie my laat besef het is dat, (1) Afrika het nie net te doen met ons taal, kultuur, geloof, of tradisies nie, maar dit het te doen met ’n teologiese spiritualiteit van in gemeenskap tree en leef, en (2) dat dit, ironies genoeg, moeilik is om ’n Afrika spiritualiteit te kweek in Afrika, veral in die NG kerk.

Wat bedoel ek by ’n Afrika spiritualiteit? Ek glo dat ons saam kan stem dat ons teologie in konteks gedoen moet word. As ons teologie nie in konteks gedoen word nie, is dit nog relevant? Daarom glo ek dat wanneer ons onsself wil toewy tot relevante, kontekstuele teologie moet ons Afrika in ag neem. Neem in ag, teologie is ’n sistematiese refleksie op ons spirituele ervarings. Daarom, as ons sê dat ons ’n Afrika teologie wil ontwikkel moet ons eers ’n Afrika spiritualiteit ontwikkel.

So, om terug te kom by my vraag, “Wat bedoel ek met ’n Afrika spiritualiteit?”. Spiritualiteit is ons ervarings vat God, en hoe ons God in ons alledaagse lewe beleef. Indien ons oneself wil toewy tot ’n Afrika spiritualiteit beteken dit ons gaan onsself moet toewy om God-in-Afrika te beleef. In alle aspekte van Afrika!
In terme van ons identiteit, dink ek ons is behep met wit wees. Ek dink ons is behep met Afrikaans wees. Ek dink ons heg te veel waarde aan hierdie gedeeltes van ons identiteit. Nie dat ek sê dit is nie belangrik nie, maar hierdie is net klein, klein gedeeltes van wat Afrika is. Hoe verwag ons om ’n Afrikaase teologiese spiritualiteit te kweek as ons net waarde heg aan ’n klein gedeelte van wie ons eintlik is? Ek sien in baie NG gemeentes van ons land dat Afrika nie vir ons ’n prioriteit is. Ons moet gaan dink, wat beteken dit om Afrika (die volkome Afrika) ’n prioriteit te maak?

In die einde van my navorsingsstuk het ek geskryf: “Dit is in ons Afrika spiritualiteit waar ons liefde vir Afrika lewe. Dit is daar waar ons ons liefde vir haar mense kan vind, ons passie vir haar kultuur, ons belangstelling in haar tale, ons waagmoed in haar leierskap, ons simpatie vir haar armes, en ons toewyding tot haar bevryding.”

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top