Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

VIDEO: Van ‘agendapunt by kerkvergaderings’ tot self aan die woord: Gay mense in die bediening vertel hulle eie stories op webwerf

“Almal praat oor ons, maar niemand praat met ons nie,” sê een van die stemme in ’n reeks eerstepersoonvideo’s waarin gay mense in die bediening hulle eie stories in kort videoformaat vertel.

Dié videoreeks is ’n samewerkingsprojek met onder meer Inclusive & Affirming Ministries (IAM) en val onder die sambreel van Queer Narrative Archive. Dit vertel verhale van binne die NG Kerk. 

’n Oorsigtelike kortprent getiteld Ons kom tot verhaal is vandeesweek op YouTube publiseer en kom te midde van gesprekke oor selfdegeslagverbintenisse wat tans by die Algemene Sinode-vergadering in Boksburg plaasvind. 

“Wat ons deurleef en wat ons in die laaste dekade deurleef het in die NG Kerk met sogenaamde selfdegeslagverhoudinge is ’n stuk lewende geskiedenis,” verduidelik prof Charlene van der Walt in die video’s oor die doel van dié projek.

“Die idee van ’n argief wat verskillende LGBTI-mense in die bediening se stories host, is iets om te sê, nee, hier is ons, hier is ons stories, moenie maak asof julle nie weet wie ons is nie,” sê Van der Walt, wat verbonde is aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Die video’s vertel die stories van mense soos Louis van der Riet, Philipp Dietmann, Lulani Vermeulen, Judith Kotzé, Stefan de Klerk, Hennie Pienaar en ander. Van der Riet, een van die dryfvere agter die multimediaprojek by https://iam.org.za/queernarrativearchive/, is ook  ’n afgevaardigde by die Sinode wat tot 20 Oktober duur. 

These videos capture embodied stories of vocation, the integration of sexuality and spirituality, and processes of ‘coming out’. They also capture the imagination of what an inclusive faith community could be,” leer die webbesoeker. 

Die video’s is meestal in Afrikaans met Engelse onderskrifte.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top