Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Haar naam is Liezel de Jager’: Vermoorde ds by sinode onthou 

Op die tweede laaste dag van die 18de Algemene Sinode van die NG Kerk het ’n paar sinodegangers swart hempies aan met die woorde: “Haar naam is Liezel de Jager”.

Ds Liezel de Jager (38) was die dominee by die NG Kerk Suidkus in KwaZulu-Natal. Sy is op die oggend van 13 Oktober 2021 by haar huis vermoor, nadat sy saam met vriende gaan hardloop het. Dit is reeds twee jaar later en daar is geen vordering in haar saak nie. Haar nagedagtenis is Woensdag met ’n oomblik van stilte herdenk.

Actionsociety.co.za berig dat dit 590 dae sedert die moord van ds Liezel de Jager is, en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het steeds geen lykskouingsverslag of ’n volledige forensiese ondersoek deurgevoer nie.

Dit is vir dié rede dat sinodegangers T-hemde dra met die woorde: “Haar naam is Liezel de Jager”. Dit is nie sonder presedent vir afgevaardigdes by ’n Algemene Sinode om op ’n Donderdag van die sinode swart te dra nie. Thursdays in Black het ten doel om die vele verhale van geweld teen vroue sigbaar te maak.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top