Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Brugleraar (6-9 maande)
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG Kerk Albanie (in Grahamstad/Makhanda) is in 1831 gestig en is een van die oudste NG gemeentes in die Oos-Kaap. Die gemeente bedien Makhanda (voorheen Grahamstad), sowel as die omliggende plaaswyke. Benewens Grahamstad is daar ook dienste by Riebeek-Oos en Fonteinskloof se wykskerke.
Ons is sentraal geleë tussen Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) en Oos-Londen en digby die kusdorpe van Port Alfred en Kenton-on-Sea. Daar is ook verskeie wildreservate binne ’n radius van 100 km.
LERAARSPROFIEL:
Ons gemeente beleef tans ’n uitdagende tyd, maar ons is opgewonde oor die toekoms en benodig ’n brugleraar om ons in die proses te begelei.
VERGOEDINGSPAKKET: Is onderhandelbaar
AANSOEKE:
- Sluitingsdatum: 5 Augustus 2024.
- Diensaanvaarding: 1 Oktober 2024.
- Stuur aansoeke en navrae: Die Voorsitter: Pre-Advies: skriba@ngkerkalbanie.co.za
- Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV.
- Verdere navrae:
- Ds Marnico Wessels (konsulent) – 082 376 1591.
- Voorsitter van die kerkraad (Marius Crouse) – 083 409 5566.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.