Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die gemeente nooi belangstellendes uit om deel te word van ons unieke span.
Ons huidige leraar van drie jaar het ’n pos in Worcester aanvaar en daar is dus ’n
vakature beskikbaar vir ’n voltydse predikant.
Sluitingsdatum: 30 Augustus 2024
NG Umhlanga Gesinskerk se visie is om as liefdesgemeenskap, geloofsgemeenskap en ’n verkondigingsgemeenskap, gesinne en enkellopendes te bedien. Ons waardes word bepaal deur die riglyn wat Jesus in Matteus 22 saamvat wanneer Hy leer dat ons God bo alles moet liefhê en ons naaste soos onsself. Dit is NG Umhlanga Gesinskerk se droom dat elke lidmaat die vrug van die Gees sal dra soos dit in Galasiërs 5:22 beskryf word.
Gemeenteprofiel:
- NG Umhlanga lê in die hart van Umhlanga. Umhlanga is ’n multikulturele en sterk diverse omgewing. Die gemeente is ’n dinamiese, vloeiende en voorstedelike gemeente, geleë in ’n omgewing van (oorwegend) Engelssprekende kerke aan die noordelike kus van Durban met ongeveer 420 belydende en 140 dooplidmate.
- Die gemeente word tans deur ’n voltydse leraar en een leraar in ’n 25% pos bedien.
- Jonger lidmate streef na vernuwing, terwyl hulle steeds met die suiwer Skrif in hulle moedertaal bedien wil word.
- Ons orkes is bekend vir hulle musiek en in ons voorsang en erediens, sing ons Afrikaanse sowel as Engelse liedjies uit verskeie bundels.
- Daar is verskeie uitstekende hoër- en laerskole in die omgewing.
Leraarsprofiel:
Die gelegitimeerde predikant wat die Here in hierdie gemeente kom dien, het verkieslik tussen 12 en 15 jaar ondervinding en sal verantwoordelikheid neem vir:
- Die ontwikkeling en implementering van ’n strategie wat meelewing, groei en betrokkenheid by die gemeente bevorder en uitbou.
- Die ontwikkeling en implementering van jeugbedieningstrategieë met die doel om groei en ontwikkeling onder die jeug te bevorder.
- Bou op die kommunikasiemiddele en bedieningskanale alreeds in plek, deur die gebruik van multimedia en ander sosiale platforms om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun en te bevorder.
- Kontak met lidmate in verskillende lewensfases en omstandighede besef en bereid is om met passie daaraan uitvoering te gee.
- As sterk kommunikeerder dinamiese prediking en Woorduitlegging sal toepas vir die omstandighede van die dag.
- As instrument in die hand van die Here in spanverband sal werk om God se doel vir hierdie gemeente te help uitvoer.
Vergoeding:
’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied.
Die vergoedingspakket sluit behuising in.
Aansoek:
Belangstellende leraars van die NG Kerk word uitgenooi om ’n volledige CV met persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan:
Die Voorsitter van die Gemeenteraad: Ettienne Thiebaut by: kantoor@ngumhlanga.co.za
- ’n Aanvullende motivering moet die aansoek vergesel waarin aangedui word hoe die kandidaat met sy/haar besondere talente kan bydra tot die vernuwing en groei van die gemeente.
- Kandidate wat oorweeg word, kan genooi word vir ’n onderhoud en om moontlik ’n erediens binne die gemeente te lei.
- ’n Onlangse foto van die aansoeker en sy/haar gesin is opsioneel, maar sal waardeer word.
- Die pre-advieskommissie behou die reg voor om self ook inligting aangaande die aansoeker in te win.
- Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om psigometriese toetse te ondergaan.
Sluitingsdatum: 30 Augustus 2024.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2025 of so spoedig moontlik daarna.
Navrae:
- Die voorsitter van die gemeenteraad: Ettienne Thiebaut by:
kantoor@ngumhlanga.co.za of sel: 083 631 1647.
- Ds Nico Janse van Rensburg: jansevanrensburgnico297@gmail.com of sel:
082 927 5742.
- Skriba Christa Bester: kantoor@ngumhlanga.co.za of sel: 083 654 6645.
Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
