Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Elders gesien | Hugenote Kollege se nuwe rektor begin in April

Prof. Retha Bloem is met ingang 1 April 2025 die nuwe rektor van die Hugenote Kollege. Sy neem oor by prof. Nelus Niemandt wat einde April aftree.

Luidens ‘n verklaring, “bring sy ‘n onskatbare rykdom van ervaring en passie na die kollege met ‘n bewese rekord as akademiese leier, maatskaplike werker, navorser en voorstander van sosiale geregtigheid”.

Haar akademiese agtergrond sluit in 13 jaar as medeprofessor aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus waar sy onder andere die “Community Psycho-social Research” (COMPRES)-platform in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe gelei het asook ‘n internasionale posisie by Hanzehogeschool Groningen in Nederland.

Lees die volledige verklaring in die nuutste VrydagNuus.

  • Berig aangepas na plasing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top