Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Die Wêreldbiddag vir vroue val vanjaar op 7 Maart en die tema, 'Ek het jou wonderbaarlik gemaak', is gekies deur die Cook-eilande se vroue. Kunsafdruk: Verskaf

Elders gesien | Kia orana! Cook-eilande kies tema vir Wêreldbiddag vir vroue


‘Kia orana!’ is hoe die eilandbewoners van die Cook-eilande mekaar groet. Dit beteken: “Mag jy lank lewe en mag jy goed lewe. Mag jy soos die son skyn. Mag jy met die golwe dans.”

Die Christenvroue van hierdie afgeleë eilande in die Stille Oseaan het die tema gekies vir vanjaar se Wêreldbiddag vir vroue – ’n wêreldwye ekumeniese gebedsdag waaraan mense in 176 lande en streke deelneem. Die gebedsdag val tradisioneel op die eerste Vrydag in Maart. Die datum vanjaar is 7 Maart. 

As tema het hulle Psalm 139:4 gekies ‘Ek het jou wonderbaarlik gemaak’. Hulle nooi almal wat daaraan deelneem om mekaar op 7 Maart met hierdie Maori-groet te groet en om blomkranse (‘ei katu) te dra. 

Dit is vanjaar die 95ste jaar dat Suid-Afrika aan hierdie wêreldwye ekumeniese gebedsdag deelneem wanneer vroue uit verskillende lande vir mekaar bid. ’n Program is beskikbaar in nege van Suid-Afrika se landstale. 

Sien onder vir ’n bestelvorm vir die Afrikaanse program asook vir riglyne aan die leiers hoe om die dag aan te bied.

Vir meer inligting, besoek gerus die Wêrelddag vir Gebed se webblad.

1. Bestelvorm WWDP AFR 2025
2. 2025 RIGLYNE VIR DIE LEIER

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.